Wie is ons?

Ons is rooivleis boere. Ons plaas is naby aan Bronkhorstspruit. Dit is ‘n algemene feit dat daar ‘n reuse verskil is tussen die prys wat die boer vir sy produk kry en die prys wat die verbruiker betaal. Daarom het ons besluit om ons produk direk aan die publiek te lewer. Op die manier bespaar die verbruiker en ons kry ‘n beter prys vir ons produk. ‘n Wen-wen situasie.

Ons diere word nie met hormone behandel nie! Ons is boere, nie voerkraal “fabriekante”nie. Ons diere loop op die oop veld en leef van gesonde natuurlike gras. Organies dan as jy wil.

Ons vleis word alles in ‘n slaghuis verwerk en verpak.

Ons lewer in drie sentrale punte in Pretoria af en by een punt in Bronkhorstspruit.

Ons verwelkom voorstelle, aangesien ons doel is om kwaliteit, gesonde vleis teen goeie prys te lewer.

Kontak/Bestellings